Voor die son steek jy jou op,
en draai jou op die grond voor ons neer.
Van klein kralevoetjies tot hardebaardstewels,
in jou skadu verdwyn jy en dan kom jy weer.
Wat jy alles sien en wat jy aanskou,
staan jy trots op die blok deur ou hande gebou.
Rasende klanke en vuiste omhoog,
'n Skare van mense wat jou bestaan so betoog.
Voor die son is daar niks en die duiwe verskuif,
van waar jou ou skadu lê, ’n blik- en koperlyf..

