Goeiemiddag
Kyk waar is nou al in my soektog na Jan Pohl se bladmusiek! Ek sien Rocco en Koos het daarvan gedoen. Is dit op `n manier moontlik dat `n mens die bladmusiek kan bekom?
Ek is van die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysersunie) in die Wes-Kaap en ons beplan `n Afrikaanse musiekkonsert en Jan Pohl se musiek moet figureer, maar kry `n mens die bladmusiek? Nog nie.
Hoop regtig u kan my in die regte rigting stuur, en dis nie na die duiwel nie, asseblief.
Pieter Coetzee


Kommentaar
Hello Pieter
Die konservarorium-biblioteek van US, as jy hulle nie al klaar gevra het nie, sal jou dalk kan help. As hulle nie die musiek self het nie sal daar baie moontlik iemand wees wat jou in die regte rigting kan wys.
Ek is op soek na die lied Dis lekker om te lewe van Jan Pohl. Enige idee waar ek kan soek?