’n Winkel is ’n magneet,
ek kom baie kort.
Hy laat my met ’n oop mond die specials begeer,
hy dompel my in skuld, sonder om my dors te les,
hy mislei my.
Hy lei my deur die winkel se gange
om special vir special op te raap.
Selfs al laai ek my trollie tot oorlopens toe vol,
sal ek nie genoeg kry nie,
want daar is nog een special
wat ek begeer.
Jy laat my skuld maak om hier te wees,
terwyl ek weerloos is.
Jy ontvang my met kamstige vriendelikheid.
My oortrokke bankrekening en skuldgevoel sal vir maande by my bly
en in jou hande sal ek klei bly
tot in lengte van dae.
Kommentaar
Baie mense het 'n ,,leemte" in hul lewens wat hul nie "toegekoop" kry nie.
'n Goeie eietydse verwerking van Psalm 23! Dalk kan die opskrif ook lui: "homo economicus". Die winkels verlei die mens sodat hy/sy slaaf word van die vrye markekonomie.