"Blaas vir my ’n soen" deur Ruan Fourie

  • 0

Blaas vir my ’n soen

Blaas vir my ’n soen
Verlos my van die skape
Ek smeek vir my siel om te slaap
Gulsige hande sal lieg
Buig jou kop
Bid vir ons

Staan weer paraat en mars
Ons staan in ons finale uur
Almal weet van beter
Almal wil iewers anders wees

Jou gewete spook lankal nie meer by my nie
Niemand het my ooit meer belowe nie
Maar ek sal vat wat ek kan kry
Engele op my skouers en
Duiwels so ver as wat ek kan sien

Het jy ’n lyn, kan jy my beter maak
Vingers gekruis agter my rug
Fotostaat-Christus wat die skape lei
Dit los ’n bitter smaak in my mond

Ek verkoop my herinneringe
Teen R300 per gram
In die huis van die lewende dood
Hier het ek self my siel verkoop

Ons het dit nie gesoek nie
Ons het dit nie nodig gehad nie
Ons kon dit nie sien kom nie
Maar ons word steeds daarvoor blameer

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top