Bisarre seksgewoontes van intelligentsia?

  • 0

Ek het met groot oë gelees van bisarre seksuele gewoontes en drange. Die een hou dit tussen vlieë en die ander glo aan koerierdiens, van huis tot huis. Die 2 beledig mekaar, maar is dit nie net ’n bisarre geval van siek erotiese kapitaal en klipgooiers uit glaskastele nie? Ek was al uitgekryt van vele dinge, maar was nog nooit kru banaal oor persoonlikheidsteurnis-voorkeure op ’n publieke webblad nie. Nee o magtag, hou die panties bo asb. Eintlik het ek nie ’n saak met wat jul aanvang nie, maar moet dit tog nie opdruk vir aandag soek nie. Dis irriterend en emosioneel minder intelligent en onelegant.

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top