Biltong en brandewyn

  • 13

Foto: Pixabay

Hoeveel Afrikaners geniet dit nie om aan biltong te kou terwyl hulle tegelyk ’n drankie afsluk nie? Hetsy die drankie bier of brandewyn is, of selfs wyn. Maar weet ons hoe oud hierdie tradisie is?

Presies wanneer ons voorsate hier is Suid-Afrika begin het om biltong te maak weet ek nie, maar uit ’n boek oor die Britse setlaars van 1820 wat ek nou weer lees, is dit duidelik dat dit ’n eeue-oue gebruik is. 

Die Skot Thomas Pringle, digter en koerantredakteur, was een van die leiers wat in 1820 met ’n groepie setlaars onder sy toesig in Algoabaai aan wal gestap het. Hy beskryf die gewoel en gewerkskaf op die strand, die opgewondenheid van die Britte wat vir die eerste keer in maande weer op vaste grond staan en die boere helpers wat hulle na hul bestemmings moet vervoer met ossewaens. Hiérdie beskrywing tower nogal ’n ’n lewendige prentjie op:

"Bands of men and women were walking up and down, conversing and laughing; their children gamboling about them, and raising ever and anon their shrill voices in exclamations of pleasure and surprise ..."

En ’n entjie verder oor die boere en hul werkers:

"Tall Dutch-African boors, with broad-brimmed white hats, and huge tobacco-pipes in their mouths, were bawling in colonial Dutch. Whips were smacking, bullocks bellowing, wagons creaking; and the half naked Hottentots who led the long teams of draught oxen, were running, and hallooing, and waving their long swanky arms in front of their horned followers, like so many mad dervishes."

Maar dit is oor die biltong wat ek wou skryf. Die groep was skaars ’n paar myl uit die huidige PE weg, toe hulle uitkamp vir die nag: Hy beskryf hoe elke groep regmaak vir die nag en wat die boere betref die volgende:

"The boers unslung their huge guns (or roers, as they called them) from the tilts of their wagons, and placed them against an evergreen bush, in whose shelter, with a fire at their feet, they had fixed their place of repose. Here, untying each his leathern scrip, they produced their provisions for supper, consisting chiefly of dried bullocks flesh, which they seasoned with a moderate zoopjè, or dram, of colonial brandewyn, from a huge horn slung by each man in his wagon beside his powder-flask."

Sien, so kan mens ’n hele ete maak uit biltong en brandewyn. Laasgenoemde met of sonder Coke.

Mens wonder hoeveel van die tradisies, gebruike en gewoontes van die Afrikaners van vandag het ook soveel eeue gelede ontstaan. Waar kom koeksisters en melktert bv vandaan en vir hoeveel jare al is dit deel van ons dieet?

Die boek waarin ek hierdie aanhalings uit Thomas Pringle se geskrifte kry, is FC Metrowich se The valiant but once wat in 1956 verskyn het by Howard Timmins, Kaapstad.

 

  • 13

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Tiens, dit neuk met biltong as jy ouer is en tande nie meer so goed nie. Dan sal jy maar biltong in mampoer moet doop en voggies so afsuig, tot biltong sag is?
    Drank en biltong is deesdae duur, veral met ANC se "sin tax" op alles as luukses?
    Die era waarvan jy skryf, het die Boere nie goed soos kapitaalwinsbelasting, VAT of persoonlike belasting nie.

  • Nee wat! 'n Boer maak mos darem 'n plan, of hoe? Jy koop vir jou een van daai elektriese koffiemeulentjies, gooi so 'n paar snytjies biltong daarin, en druk die knoppie. En siedaar! hope biltong wat lyk soos wol, en maklik om te kou.

  • Hans Richardt

    Angus, Tiens skryf oor era toe mense nog bestaansboerderye gehad het. Nou leef ons in era van ANC en ubuntubelastings.
    Jy kan nie meer onder boom in agterplaas slag nie, want daar is gesondheidswette met regulasies en geloofsvoorskrifte van halaal tot kosher.
    Verder kan jy nie meer geweer vat van rak en gou iets gaan skiet vir die pot nie.
    Mampoer het ook nou allerhande belastings op en is nie meer regtig sommer daar in buurman se agterplaas om te ruil vir sakkie biltong nie.
    Ek koop toe 2 liter vaatjie, om my grootmaatwyn in te "verouder", ten duurste. Lek ook soos sif... Byewas gesmelt en punte geseël. Dit hou darem nou 2 liter water, tot hout weer reg geswel het. Mense uit stede verstaan nie dat daardie 750ml gebotteld wyn net dieselfde is as die wyn in 5 liter plastiekkan nie. Ek kook maar met wyn ... Ek het al geleer dat as jy 1 liter goedkoop soetwyn met 1 liter mampoer meng, die vaatjie geweldige skop gee. ..
    Wat my pla is gesondheidbewuste slagters, ek sukkel om vet vleis te kry of anders is dit gevolg van droogte in Karoo ...
    Ek hou van ordentlike koffie, soet en swart.

  • Hans, ons kan trek, maar waarnatoe? Ek het al gedink Orania toe, maar nou kla jy so dat ek my bedenkinge het. En nog 'n ding: geen fynproewerkoffiedinker smyt 'n klomp suiker in sy ordentlike koffie nie.

  • Hans Richardt

    Angus, jy dring so aan om te trek. Vanderkloof is jou antwoord, die dam het altyd water. Dan bly jy teen die rante van Renosterberg en sukkel met ANC-munisipaliteit. Niemand sal jou geloof bevraagteken nie. Dan is jy in die karoo.
    Daar is jagplase en drank.

  • Hans Richardt

    Angus, op jou stoep kan jy jou 3 koppies koffie drink, vir ongeveer 10% afname in hartvatsiektes en jou 2 glase papsak vir 34% afname in hartvatsiektes. Dan kan jy vet biltong en tjops eet sonder kwellinge ...

  • Ons vroegste voorsate het gou geleer dat deur oorskietvleis te droog, daar môre weer kos sal wees. In ystydperke is dit gevries. En daaglikse braaivure was ’n noodsaaklikheid. Niks nuuts onder die son nie ...

  • Regering-se-belasting-se-antie

    Ek maak my eie stooksel wat net so lekker soos gekoopte brannewyn/wiskie is, soms nog beter. Die goed in die winkel is onbetaalbaar duur, dis al maklik R160, R170 ’n bottel. Ek koop ’n 25 liter molasse en gis hom vir 7 dae, dan kook ek hom af. Al my onkostes ingesluit, selfs gas ook, maak ek my bottel teen R60-R65. Hier in die dorp is vrugte te duur om te stook. Molasse met ’n skeut karamel geursel en ’n paar naeltjies is baie lekker en verouder hom ook self in ’n vaatjie. Biltong en droëwors maak ek self teen halfprys wat jy betaal.

  • Hans Richardt

    Angus, vet tjops vir tande watse emalje dun word. Jaag 5 liter soetwyn deur 'n koper-distilleerpot en siedaar, eikehouttjips in vir 'n paar maande, en jy het lekker brandewyn.

  • Hans, geensins. Niks teen jou nie. Ek waarsku maar net teen NET brandewyn. Jy moet so 'n versnaperinkie byeet om die ou lewer te beskerm. 'n Skaaptjoppie is net die ding!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top