Ek sien jy gaan weer gal af oor wittes in die algemeen en Afrikaners spesifiek, noem hulle Afrikanerosaurusse of so iets. Hulle sou nou almal so wreed wees en so aan. Wat waar is, daar hét verskriklike goed in die verlede gebeur maar, net vir so bietjie balans:
Destyds was ek in die veld (opmeter vir ’n konstruksiefirma wat ’n spoorlyn in die gramadoelas gebou het) en ek kom af op ’n dooie hond; hy's dood van honger want sy kop het in ’n blik vasgesit, hierdie blikke met ’n randjie om die opening. My span (wat die teodoliet, staf, penne, pylers en die soort van ding dra) is half verbaas oor my skok en sê hulle weet van die hond; die mense in hulle kamp sê dis sy verdiende loon want hy wil mos hulle pap steel. Hulle kon nie verstaan dat ek toe, om nou ’n banale en anglisistiese uitdrukking te gebruik, aapkak gegaan het nie; die hond wás mos skuldig.
Dan is daar nog die gebeure in Sierra Leone, waar kinders gedwing is om hulle ouers dood te maak. Lees maar op oor die Mau-Mau, Idi Amin, Jean-Bedel Bokassa in wie se yskas hulle mensvleis gekry het. Lees ook op oor die volksmoord tussen die Hutu's en die Tutsi's en Mugabe se vervolging van die Matabeles. Ek het gehoor van die Portugese Pa en seuns wat by die huis gekom het en die vrouens en dogters se koppe op die stoepmuurtjie gekry het. Kyk maar na die plaasmoorde hier, mense wat met strykysters doodgebrand is, doodgemartel is op die wreedaardigste maniere.
Ja-nee, soos jy sê, wittes was wreed maar hulle hoef glad nie in hierdie opsig agteruit te staan vir swartes nie.
Terloops, soos ek hier skryf is daar weer paaie wat geblok word, bande wat aan die brand gesteek word en karre wat met klippe gegooi word. In die Vrystaat en Limpopo is ’n hele paar staatsdepartemente onder geregtelike bestuur geplaas. Die Vrystaatse Gesondheidsdepartement byvoorbeeld het blykbaar in 2005 laas hulle verskaffers betaal.
Ten noorde van ons is een of ander verkiesing en sommer aan die begin van die storie is vyf lokale afgebrand en ’n paar mense dood in geweld. Iewers in die Vrystaat het ’n vragmotor omgeval en die polisie skiet met rubberkoeëls onder die looters.
Hier is nog ’n oulike stukkie vir jou: Ek sien in die koerant die weermag het 122 generaals en 53 eenstêr-luitenante. Wat ’n laggertjie. Ja-nee, jy's het heeltemal gelyk wanneer jy sê die Nuwe SA is in volle swang. Dankie dat jy ons kort-kort daarop attent maak.
Jan Rap

