"Bid medisyne vir jou" deur Sam Killian

  • 0

Bid medisyne vir jou

As ek stil raak en ek dink om te ontsnap vir hierdie vrede
dan breek nog net weer ? snaar van my hart
Ek wil net vir jou speel en vir jou sing, my lief

REFREIN:
Ek bid medisyne vir jou!
Skree dit uit my hart uit vir jou
Kom net terug, ek smeek jou nou
So ek bid medisyne vir jou

Ons het altyd gesê ons gaan saam vlieg soos arende
maar nou moet ek weer vir jou lieg
Jou ? rede gee hoekom jou vlerke geknip is
Maar onthou net een ding, my lief
Jy’s nog steeds ? engel en gaan eendag vlieg
Daar bo saam met Hom

En nou raak dit so donker en alleen
Dit voel of ek jou verloor en jy verloor als
Maar als is niks sonder jou

REFREIN

Ek kan hoor hoe jou vlerke begin klap
Dis jou begin en nie ons einde nie, okay
Ek bid medisyne vir jou
Amen

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top