bid jou aan

  • 0

stel jou mooi voor, Millennium Drie Mens,
armoediges op hul heel, heel laaste (knieë)
te min wat ooit volkome geletterdheid bereik,
te min wat eintlik deel in metale, minerale, rykdom,
in Belofte van Suiderland, Belofteland, Gelofteland,
van vroeg af vele verskillende state langs mekaar,
vir te veel eeue deur minderheid onder dwangbesit,
volstrek, inboorling as bywoner, inkommer’s baas,
van gesprek oor herverdeling, (af-)stand van plaas,
wonner Mens soms hoekom voormens skree-‘n-raas,
eie nageslag tot in sewende, agste, neënde geslag,
noggie histories-geskiedkundig, sosio-ekonomies,
eksoties-juridies aan geregtigheidswet onderwerp,
meeste Mens nie oor struktuurgeweld ingeskerp,
Self-destruksie ingebed, veel erger as in fiksie,
teologies, filosofies, spiritueel, ultra-verdeeld

vir te lank’s meerderheid superfynstrategies,
gewetenloos, slinks, kapitalisties agitproplik,
van bevoorregting, geniet van plesier, onthou,
“Duiwelspiek”-sieklik, om van luid uit te skrou,
onkunde-ontkenning, eg struktuurgewelddadig,
laag op laag, innie essensie van Mens-wees in,
soos ‘n selfmuterend virus, in-stelsel-in gebou

Kobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top