Bewerings sonder bewyse

  • 13

Die afgelope ruk het ek as gevolg van ander verpligtinge maar min kans gekry om ’n bydrae tot gesprekke hier op die Sê te maak – iets waaroor die ouens wat my verpes seker innig dankbaar is. Danksy die verbeterde tegnologie kon ek darem elke aand voor slaaptyd vinnig die iPad van die bedkassie af opraap om te sien wat wie te sê het.

Omdat ek groot agting vir Panda, Angus, Chris Dippenaar en Perdebytjie se skrywes het sal ek dit gewoonlik sonder uitsondering lees. In die proses raak ek dan ingesleep in die stortvloed van onsinnighede wat Kobus de Klerk bykans onophoudelik kwytraak. Uit die gesprekke tussen Kobus en die andere is dit duidelik dat geen sinvolle gesprek met hom hoegenaamd moontlik is nie. Geeneen van sy skrywes is op rasionele argumente gefundeer nie maar berus op ’n verbeelde insig of openbaring wat klaarblyklik net aan hom bekend is.

Ek is tans besig met verder navorsing en ek is oortuig daarvan dat ek summier van die universiteit verban sou word indien ek ongefundeerde stellings sou maak en my eie superieure “spirituele intelligensie” as bewys daarvoor sou aanvoer. Dis gewoon absurd en hoort nie in ordentlike debatvoering tuis nie. In ’n portuur-geëvalueerde artikel in The International Journal for the Psychology of Religion redeneer Howard Gardner van Harvard Universiteit dat spirituele intelligensie ’n spul snert is en dat dit as begrip geen bestaansreg het nie. Spirituele intelligensie is dus Kobus se eie verbeelde begrip waarmee hy homself toewikkel om hom te beskerm teen die harde werklikheid van rasionele denke en die waarheid. Aansprake op geheime geopenbaarde kennis is dikwels ’n teken van erge psigiatriese steurnisse en ek begin sterk wonder of onse Kosie nie dalk tog nou maar ’n draai by sy arts móét gaan maak nie.

In ’n wêreld waar geen bewyse verskaf hoef te word nie is enigiets moontlik. So tyd terug het ek een van Kobus se eie skrywes geneem en telkens die woord “God” met “Vlieënde Spaghetti Monster” en “Bybel” met “Pastafaros” vervang en sonder om sy skrywe verder te wysig kon ek aantoon dat geloof in die Vlieënde Spaghetti Monster jou van die ewige verdoemenis gaan red. Al my bewyse kon ek versie vir versie uit die Pastafaros aanhaal. My kanse op sukses om mense tot die Pastafariese geloof oor te haal behoort dus presies dieselfde te wees as KdK s’n om mense tot die Christelike geloof oor te haal.

Die groot probleem met onbewese stellings is dat dit meer as dikwels in die praktyk verkeerd bewys word as dit wetenskaplik getoets word. Ek noem slegs twee voorbeelde – daar is natuurlik heelwat meer. ’n Onlangse sensusopname in die Verenigde Koninkryk het aangetoon dat die persentasie van die bevolking wat hulle geloof as “Christelik” aangegee het, gedaal het vanaf 70% (2001) na 54% (2011). ’n Verdere wetenskaplike studie het aangetoon dat slegs 18% van die 54% mense wat die “Christelike godsdiens” boksie gemerk het, enige idee van die Christelike godsdiens gehad het en hulle waardestelsels daarop geskoei het. Die werklike Christene is dus maar 18 % van die Britse bevolking wat wesentlik verskil van onse Kosie se spiritueel intelligente stelling dat die Christelike godsdiens sterk groei en die grootste godsdiens ter wêreld is. In die tweede plek het talle mense sekerlik Vrydagaand wat verby is Jupiter se mane met doodgewone teleskope (selfs vêrkykers) waargeneem terwyl ons spirituele intellektueel beweer dat dit onmoontlik is – bloot omdat dit so aan hom geopenbaar is en sonder dat hy nog ooit self deur ’n teleskoop geloer het.

Carl Sagan het gesê dat uitsonderlike aansprake uitsonderlike bewyse vereis. Christopher Hitchens het weer gesê dat enigiets wat sonder bewyse beweer word ook sonder bewyse verwerp kan word. Twee baie eenvoudige lewenswaarhede wat klaarblyklik vêr bo die begripsvermoëns van mense (mens?) met spirituele intelligensie is.

Groetnis

Thomas

  • 13

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Wat die sogenaamde portuur geëvalueerde Howard Gardner van Harvard Universiteit se aansprake aanbetref - dit is nou, à la Thomas (wat niksseggend is – Dawkins en Hitchins het te lank weggekom met hulle swendelary oor sake Gods) - is sy portuur juis nie sy teorie goedgesind nie,

    Thomas het nie die insig om te weet dat die seleksie van portuurlede van deurslaggewend belang is om objektiwiteit te toets nie – dié dat Thomas maar eerder besigheid as vak kies, as om hom te begewe in iets opbouend en nuttig, selfs wetenskaplik, wat natuurlik te veel vir hom sal wees.

    Thomas is vêr agter en probeer hom onderskei… Sy aanspraak oor Gardner is nie waar nie – hy moet liefs die data beskikbaar stel vir ons om self te kontroleer. Een van die kenmerke van die Journal is dat dit slegs alle religieë in die mees algemene strekking daarvan ondersoek – terwyl Spirituele Intelligensie ’n baie gefokusde gebied is en dus nie as sodanig in besonderhede ondersoek was, nie. Dan is daar ook die ding dat Thomas óf nie verstaan nie, óf juis probeer swendel met Gardner se artikel. Gardner is juis bekend vir sy Multiple Intelligences teorie – waar hy juis te kenne gee dat mense soveel as nege verskillende tipes intelligensie het – sy bevinding  - “Each person has a unique combination, or profile. Although we each have all nine intelligences, no two individuals have them in the same exact configuration” en sal hy SI eerder onder sy besondere weergawe van “existential intelligence” wil ressorteer – al wat hy in sy “A case against SI” (dramatiese titel) gedoen het, is dat hy geweier het om SI te behandel omdat hy nie weet wat dit presies is nie en dus die toepaslike wetenskaplike kriteria kon kodifiseer daarvoor nie en het toe EI voorgestel.

    Natuurlik swendel Thomas ook oor Gardner se portuurlede, want meeste gaan hom juis teë  - Robert Emmons, Kathleen Noble, Frances Vaughan, Cindy Wigglesworth, David B King.

    Net soos die bewerings oor Christelike statistiek – hy sonder juis die VK uit, waar daar ’n negatiewe verskuiwing was, maar verswyg swendelagtig die res van die verslag dat Christendom wêreldwyd toegeneem het. Sy ander bewerings daaromtrent is flagrante wanvoorstelling.  Die sogenaamde "wetenskaplike ondersoek" wat sou aandui dat net 18% gelowiges is, is absolute wanvoorstelling. Dit is sommer Thomas se eie insiglose snert.

    Thomas is ’n verleentheid vir ander agnostici – of, wag nou, wat praat ek? Is dit hoegenaamd nog moontlik? Wie van hulle is nié só nie?

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Hello Thomas

    Spiritualiteit word deur die wetenskap gesien as 'n funksie van die brein. As God met ons wil kommunikeer moet hy dit doen deur ons breine. Daar is net eenvoudig geen ander deur oop vir hom nie. Dit beteken dat spirituele ervarings deur wetenskaplikes ondersoek kan word met toerusting wat breinaktiwiteit monitor. Gegewe die algehele ontbreking van bewyse van die bonatuurlike buite ons breine, en die toepassing van Occam se lem, sou die skepping van God(sdiens) as breinfunksie baie meer sin maak. Wat hierdie funksie is, is natuurlik die vraag wat interessant is in die raamwerk van evolusie. Is daar enige voordeel of nut in die konsep van die spirituele vir die mens as spesie? Hierdie vraag word bespreek in die podcast waarvoor ek 'n link laat.

    http://www.rationallyspeakingpodcast.org/show/rs55-spirituality.html

  • Religie en spiritualiteit is skepping van die mens se geevolueerde brein. My Rottweiler se brein het nou al sover ontwikkel dat hy een keer per nag spirituele verbintenis soek met sy voorvaderwolwe deur vir 15 sekondes 'n wolwehuil die lugruim in te stuur. Praat ek met hom daaroor, kyk hy my met sulke Kobus oge aan asof hy sê: "Julle agnoste sal nie verstaan nie."

     
    Wat Jupiter en sy mane betref: ek het hulle Vrydagaand sommer met my bokskamera afgeneem. Die ding is nie digitaal nie; dus sukkel ek om vir julle te wys.
     
    Groete
    Angus
  • Dagsê Chris  

    Dankie, vir die skakel – dis werklik ’n interessante debat.  

    Uit Kobus de Klerk se reaksie hierbo op my skrywe en sy onlangse reaksies op jou en Angus se skrywes word my stelling, dat sinvolle gesprekvoering met hom onmoontlik is, uitdruklik gestaaf. Enige kommunikasie met hom sou hoogstens vermaaklikheidswaarde hê. 

    ’n Baie goeie vriend van my is ’n psigiater en op sy dae ’n prof. in psigiatrie. Sy opsomming van spirituele intelligensie was dit ’n konstruk is wat die produk van ’n breinversteuring is omdat almal wat beweer dat hulle oor spirituele intelligensie beskik ook dikwels baie ander duidelike tekens van temporale lob-versteuring toon. Indien ons dus Occam se lem toepas en moet kies tussen onbewese bonatuurlike goddelike verruiming van breinfunksies of breinversteuring (met duidelik waarneembare simptome) is laasgenoemde die logiese alternatief.  

    Groetnis  
    Thomas

  • Hello, 

     
    Soos alreeds aangedui is daar geen verdere gesprekke van my kant af met Kobus de Klerk aangesien dit onmoontlik om 'n ingeligte gesprek met die persoon te kan voer. 
     
    Daarom word dit nou bevestig daar sal geen repliek wees op De Klerk se kommentaar wees indien hy enige sou lewer. 
     
    Die "trifecta", is 'n metafoor wat deur my gebruik is, maar Chris het bevestig dat dit te veel was en is die beskrywing van twee ratte soveel meer akkurater. 
     
    As deel van die algemene leeswerk wat my pad kom, maak Harold Bloom, (daardie Harold Bloom) die volgende opmerking oor Kobus de Klerk en is dit 'n briljante opsomming van heer de Klerk.  
     
    “Kobus de Klerk is a writer of no value whatsoever, whether "spiritual" or intellectual. The "ware godsdiens" deserves him, but the rest of us do not. It is not less than obscene that we should engage with him. We are threatened these days by vicious mindlessness and this is one of its worst manifestations ever.”
     
    Vir die wat wonder waar die bron van die "spirited" verdediging vir die wensdenkery van "spirituele intelligensie" is kan hier kyk. 
     
     
    Hier word die sogenaamde portuurgroep uitgelig: 
     
    1 Robert Emmons (2000)
    2 Tony Buzan (2001)
    3 Kathleen Noble (2000/2001)
    4 Frances Vaughan (2002)
    5 Cindy Wigglesworth (2004/2008)
    6 David B. King (2007)
     
    Met elke skrywer se eie unieke ontleding van wat dit beteken. 
     
    Die voorspelling is natuurlik dat dit verskil van Kobus de Klerk se ontleding, maar daar is niks beters as jy dink 'n lys van ses name sonder enige konteks aangebied handel die debat af. 
     
    Robert Emmons (2000) defines spiritual intelligence as "the adaptive use of spiritual information to facilitate everyday problem solving and goal attainment.
     
    "Spiritual intelligence is described in Tony Buzan's (2001) book The Power of Spiritual intelligence as 'Awareness of the world and your place in it'. Spiritual intelligence is supposed to be one of the 10 intelligences described by Tony Buzan.
     
    Cindy Wigglesworth defines spiritual intelligence as "the ability to act with wisdom and compassion, while maintaining inner and outer peace, regardless of the circumstances."[7] She breaks down the competencies that comprise SQ into 21 skills, arranged into a four quadrant model similar to Daniel Goleman's widely used model of emotional intelligence or EQ. 
     
    The four quadrants of spiritual intelligence are defined as:Higher Self / Ego self AwarenessUniversal AwarenessHigher Self / Ego self MasterySpiritual Presence / Social Mastery
     
    En so gaan dit. 
     
    Daar is dus 'n wiki bladsy, jammer die persone aangehaal kan ook nie ooreenstemming kry nie.
     
    Verskoning, die wikipedia blad oor spirituele intelligensie is sonder "spirituele intelligensie"deur my gelees maar dit word aanvaar dat die betekenis van die volgende paragraaf kan net wees wat daar staan: 
     
    Howard Gardner, the originator of the theory of multiple intelligences, chose not to include spiritual intelligence amongst his "intelligences" due to the challenge of codifying quantifiable scientific criteria.[3] Instead, Gardner suggested an "existential intelligence" as viable.[4]
     
    Maar laat hierdie nie mislei nie: 
     
    Instead, Gardner suggested an "existential intelligence" as viable.[4]
     
    Dit is nie 'n plaasvervanger wat as dieselfde betekenis aanvaar kan word en moet Gardner se eie ontleding en nie gefilter deur De Klerk se lense as die vertrekpunt aanvaar word nie. 
     
    Dit is die probleem met ingeligte gesprekke, daar is altyd iets wat uitgelaat word deur Kobus en waarom niks vlot nie.
  • Hello, 

     
    Soos alreeds aangedui is daar geen verdere gesprekke van my kant af met Kobus de Klerk aangesien dit onmoontlik om 'n ingeligte gesprek met die persoon te kan voer. 
     
    Daarom word dit nou bevestig daar sal geen repliek wees op De Klerk se kommentaar wees indien hy enige sou lewer. 
     
    Die "trifecta", is 'n metafoor wat deur my gebruik is, maar Chris het bevestig dat dit te veel was en is die beskrywing van twee ratte soveel meer akkurater. 
     
    As deel van die algemene leeswerk wat my pad kom, maak Harold Bloom, (daardie Harold Bloom) die volgende opmerking oor Kobus de Klerk en is dit 'n briljante opsomming van heer de Klerk.  
     
    “Kobus de Klerk is a writer of no value whatsoever, whether "spiritual" or intellectual. The "ware godsdiens" deserves him, but the rest of us do not. It is not less than obscene that we should engage with him. We are threatened these days by vicious mindlessness and this is one of its worst manifestations ever.”
     
    Vir die wat wonder waar die bron van die "spirited" verdediging vir die wensdenkery van "spirituele intelligensie" is kan hier kyk. 
     
     
    Hier word die sogenaamde portuurgroep uitgelig: 
     
    1 Robert Emmons (2000)
    2 Tony Buzan (2001)
    3 Kathleen Noble (2000/2001)
    4 Frances Vaughan (2002)
    5 Cindy Wigglesworth (2004/2008)
    6 David B. King (2007)
     
    Met elke skrywer se eie unieke ontleding van wat dit beteken. 
     
    Die voorspelling is natuurlik dat dit verskil van Kobus de Klerk se ontleding, maar daar is niks beters as jy dink 'n lys van ses name sonder enige konteks aangebied handel die debat af. 
     
    Robert Emmons (2000) defines spiritual intelligence as "the adaptive use of spiritual information to facilitate everyday problem solving and goal attainment.
     
    "Spiritual intelligence is described in Tony Buzan's (2001) book The Power of Spiritual intelligence as 'Awareness of the world and your place in it'. Spiritual intelligence is supposed to be one of the 10 intelligences described by Tony Buzan.
     
    Cindy Wigglesworth defines spiritual intelligence as "the ability to act with wisdom and compassion, while maintaining inner and outer peace, regardless of the circumstances."[7] She breaks down the competencies that comprise SQ into 21 skills, arranged into a four quadrant model similar to Daniel Goleman's widely used model of emotional intelligence or EQ. 
     
    The four quadrants of spiritual intelligence are defined as:Higher Self / Ego self AwarenessUniversal AwarenessHigher Self / Ego self MasterySpiritual Presence / Social Mastery
     
    En so gaan dit. 
     
    Daar is dus 'n wiki bladsy, jammer die persone aangehaal kan ook nie ooreenstemming kry nie.
     
    Verskoning, die wikipedia blad oor spirituele intelligensie is sonder "spirituele intelligensie"deur my gelees maar dit word aanvaar dat die betekenis van die volgende paragraaf kan net wees wat daar staan: 
     
    Howard Gardner, the originator of the theory of multiple intelligences, chose not to include spiritual intelligence amongst his "intelligences" due to the challenge of codifying quantifiable scientific criteria.[3] Instead, Gardner suggested an "existential intelligence" as viable.[4]
     
    Maar laat hierdie nie mislei nie: 
     
    Instead, Gardner suggested an "existential intelligence" as viable.[4]
     
    Dit is nie 'n plaasvervanger wat as dieselfde betekenis aanvaar kan word en moet Gardner se eie ontleding en nie gefilter deur De Klerk se lense as die vertrekpunt aanvaar word nie. 
     
    Dit is die probleem met ingeligte gesprekke, daar is altyd iets wat uitgelaat word deur Kobus en waarom niks vlot nie.
  • Chris Dippenaar

    Hello Thomas

    Jy is reg oor Kobus. Hy is niks meer as goedkoop vermaak nie. Meeste Christene, soos Angus ook al 'n paar keer genoem het, leef nie volgens die waardes wat Kobus verkondig nie. Die statistiek wat jy hierbo noem is amper onnodig om te demonstreer of te bewys. Die belangrike is dat meeste Christene deel is van 'n sekulêre wêreld en nie soos vreemdelinge daarin voel nie. Net die kleinste persentasie, myle onder die 18% wat jy noem, maak die Kobusse van die statistiek op. Ek is bly jy het die skakel geniet. Die God van die gapings kruip weg in mense se breine, maar dit gaan nie lank wees voor hy daar ook uitgejaag word. Om dan te glo aan 'n god soos die een in die Bybel sal 'n doelbewuste strewe wees na 'n donker eeu van onkunde.

    Vir die gelowige wat nie bereid is om in so 'n eeu te leef gaan dit 'n eerlikheid vra, 'n erkenning dat hy nie enige sekerheid kan hê dat dit waarin hy glo enigsins bestaan nie. Dat die beste waarop hy kan aanspraak maak is dat sy god se nie-bestaan nie bewys kan word nie. Soos 'n rat sal geloof links-om of regs-om draai in die masjien, maar niks dryf nie. Dit kan selfs vorentoe/agtertoe gemerk wees, maak geen verskil nie. 'n Mate van nederigheid, na twee duisend jaar van absolute outoriteit, sal gepas wees. Daar is nie 'n hel nie (Chris 1:2) NS Ek wonder of Naomi nie kan kyk of briewe soos hierdie een van jou nie elke dag opgeskuif kan word totdat dit nie meer op gereageer word nie. Dis jammer dat baie briewe afgeskuif word voordat die gesprek oor is. Dit kan dan ook maak dat Kobus se briewe so gou moontlik deur die werf getoilet-spoel word as hy geignoreer word. Cornelius besef al lank dat Kobus die sisteem kaap deur elke dag drie/vier briewe te skryf.

    Vuil lokomotiewe noem hy dit, waaraan ons ons waentjies hak omdat dit bo aan die lys is. Wie weet, dalk kan die gesprek wat Wouter wou aanknoop met normale Christene en gelowiges 'n kans kry as die retoriek wat Kobus uitlok bedaar. Sou so 'n gesprek nie almal kon baat nie?

  • Nee, wag nou, ha nou! Julle kan nie nou al vir Kobus die toilet in afspoel nie? om Peter Blum aan te haal: dan’s daar mos  “g’n spôts nie, vir jou Kaapse kjend!”

  • Chris,

    Ek hoop jy sal nog hierdie te lese kry.Dit is 'n swakheid in die nuwe SeNet briewe.'n Mens moet die heeltyd teruglees en mis baie van die debat.Miskien kan hulle ook 'n stelsel ontwerp,waar die kommentaar onmiddellik verskyn en die volgende ou daarop kan antwoord..soos by die blogs.

     

    Ek wou in elk geval net vir jou vra of jy "The God Impulse" deur Kevin Nelson,gelees het.Dit gaan presies oor die punt wat jy probeer maak.Die sub-titel is:"Is religion hardwired into the brain?"Die ou is 'n ervare neuroloog met drie dekades se ondervinding in die biologie van die menslike spiritualiteit.

     

    Voorwaar 'n openbarende boek,wat beslis party mense se voete onder hulle sal uitpluk..AS hulle dit sou lees.Hy het veral baie studies gedoen oor amper-doods-ervarings,buite liggaamlike ervarings en ander mistieke ervarings.

  • 'n Nota: 

     
    Chris skryf die volgende: 

     
    "Wie weet, dalk kan die gesprek wat Wouter wou aanknoop met normale Christene en gelowiges 'n kans kry" 
     
    Die frase, "Christianity is a broad church" verwys en is 'n term wat die waarheid akkuraat verwoordt. 
     
    Wanneer daar in gesprek met Christen, Moslem, Jood et al oorgegaan word, is jy defnitief nie in gesprek met 'n persoon wat instaan vir die geloof in sy totaliteit nie. 
     
    Daarom is die aard en kwaliteit van 'n gesprek met Rowan Williams, Johnathan Sacks 'n totaal ander ervaring as wat hier gevind word met die self aangestelde segsman van Christenskap, De Klerk, wat hom meer Katoliek as Benedict XVI maak en praat namens 2.2 Biljoen Christene maar tog nog steeds 'n projek van die " ware godsdiens" aan die gang probeer hou. 
     
    Aangesien daar na Benedict XVI verwys word, plaas hom saam met Rowan Williams en Johnathan Sacks en let dan op na die kwaliteit van gesprekke oor die aard van Christenskap en die Joodse geloof onderskeidelik wat deur hulle verwoord word. 
     
    Dit is 'n plesier om na hulle besprekings van hulle geloof te luister en dan word dit vergelyk met wat hier die rondte doen.
  • Chris Dippenaar

    Hello Perdebytjie

    Dankie, ek het my oogklap opgesit en is besig om die boek van Nelson te soek.

    Intussen sal jy dalk die nuutste podcast van CFI geniet wat hierdie onderwerp bespreek met Gerald Woerlee en Susan Blackmore

    http://www.pointofinquiry.org/

     

  • Dankie Chris,

    Ek het pas gelees deur al die kommentare en dis presies waaroor die boek gaan.Ek wil nou nie te veel daaroor skryf nie,maar sal graag jou opinie wil hoor as jy die boek gelees het.Interessante leesstof,waaroor ons kan debatteer.

    Ek raak nou bietjie moeg vir die afgesaagde debat met Kobus.Niemand vorder iewers heen nie.Ongelukkig behels die onderwerp ook "spirituele"dinge, dus hoop ek nie dit word weer gekaap nie!

    Perdebytjie

  • Hello,   

     
    Aanvullend tot dit wat deur Thomas publiseer is word die volgende aangebied. Hierdie is die kriteria waarvolgens die intelligensies opgedeel word: 
     
     
    NINE MULTIPLE INTELLIGENCES:   
     
    1. Linguistic Intelligence.  
     
    2. Logical/Mathematical Intelligence.   
     
    3. Musical Rhythmic Intelligence.   
     
    4. Bodily/Kinesthetic Intelligence.   
     
    5. Spatial Intelligence.   
     
    6. Naturalist Intelligence.  
     
    7. Intrapersonal Intelligence.   
     
    8. Interpersonal Intelligence.   
     
    9. Existential Intelligence.   “The ability and proclivity to pose (and ponder) questions about life, death, and ultimate realities”.   
     
    Bogenoemde bevestig die tipes en die beskrywende besonderhede kan gevind word in die skakel geplaas en is net die Existential Intelligence aangedui hierbo aangesien dit die een eienskap is waar daar gepoog was om dit gelyk te maak met De Klerk se eie skepping, “spirituele intelligensie” soos hy hier aandui:   
     
    “En sal hy SI eerder onder sy besondere weergawe van “existential intelligence” wil ressorteer – al wat hy in sy “A case against SI” (dramatiese titel) gedoen het, is dat hy geweier het om SI te behandel omdat hy nie weet wat dit presies is nie en dus die toepaslike wetenskaplike kriteria kon kodifiseer daarvoor nie en het toe EI voorgestel”.   
     
    Let veral op na die verstommende bewering “omdat hy (Gardner) nie weet wat dit presies is nie”   
     
    Daar word gesidder dat daar ongeligte lesers is wat daarvoor geval het.   
     
    Soos alreeds gesien het De Klerk se uitsonderlike gawe waarvan hy die enigste draer is dit moontlik gemaak om die volgende uit Wiki:   
     
    “Howard Gardner, the originator of the theory of multiple intelligences, chose not to include spiritual intelligence amongst his "intelligences" due to the challenge of codifying quantifiable scientific criteria. Instead, Gardner suggested an "existential intelligence" as viable” te kon aanbied as die frase bo uitgelig.
     
    Hierdie oefening in “spirituele intelligensie”in samewerking met die onbetroubaarheid in algemene terme bevestig die probleem met “spirituele intelligensie” en Wikipedia indien dit ‘n eenstop bron word. 
     
    Soos gesien met die “besprekings” van Freud en Donne.   
     
    Om terug te keer na Howard Gardner word die volgende uit Howard Gardner se Multiple Intelligences: New Horizons in Theory and Practice aangehaal om die korrekte verduideliking aanvulled tot dit wat Wikipedia bied en Gardner se metodiek te bevestig. Dit word verbatim aangehaal om te verhoed dat daar enige beskuldings van “verkeerdelike interpretasie”.   
     
    Gardner aan die woord:   
     
    The other factor was the frequent assertion that there was a “spiritual intelligence” and the occasional assertion that I had identified a spiritual intelligence. In fact, neither statements was true. My review of the evidence on spirituality proved less straightforward. For many (particularly in the contemporary United States), experiences of the spirit are the most importance ones and many assumes that a spiritual intelligence” not only exists but actually represents the highest achievement of human beings. Others do not. It was concluded that at least two facets of spirituality were quite removed from the concept of intelligence.   
     
    Firstly, intelligence should not be confounded with an individual’s phenomenological experience.    
     
    Secondly, for many individuals, spirituality is indissociable from a belief in religion and God generally, or even from allegiance to a particular faith or sect. With statements like “Only a real Jew, Catholic, Protestant, Muslim is a spiritual being”.  
     
    Dit is in kontradiksie tot die volgende:   
     
    For Gardner, intelligence is:   
     
    The ability to create an effective product or offer a service that is valued in a culture;  
     
    A set of skills that make it possible for a person to solve problems in life;   
     
    The potential for finding or creating solutions for problems, which involves gathering new knowledge.   
     
    Soos baie duidelik afgelei kan word is die probleem met “spirituele intelligensie” al male sonder tal hier uitgelig en word dit bevestig as “die ervarings van ‘n enkele persoon”, net soos die besit daarvan net aan sekeres toegeken word wat aan een of ander “ware” groep behoort.   
     
    Riglyne onbekend en afhanklik van die persoon wat dit ook al mag definieer op daardie stadium en soos bevestig deur Thomas:   
     
    “Spirituele intelligensie is dus Kobus se eie verbeelde begrip waarmee hy homself toewikkel om hom te beskerm teen die harde werklikheid van rasionele denke en die waarheid”.   
     
    Wat bevestig dat die aanspraak van hierdie tipe intelligensie sy fondasie het in wat die persoon ook al aanvoer dit is en volgens arbitrêre riglyne persone na willekeur kan insluit of uitsluit en soos alreeds gesien:  
     
    Each person has a unique combination, or profile. Although we each have all nine intelligences, no two individuals have them in the same exact configuration……   
     
    Veel is ook gemaak deur de Klerk oor die volgende:   “is dat hy geweier het om SI te behandel omdat hy nie weet wat dit presies is nie en dus die toepaslike wetenskaplike kriteria kon kodifiseer daarvoor nie en het toe EI voorgestel”   
     
    Hy is Gardner.   
     
    Gardner verduidelik dit soos volg:   
     
    “Although spiritual intelligence does not qualify, one facet of spirituality seems a promising candidate. The existential intelligence. This is based on the human capability to ponder the most fundamental questions of existence. There are individuals who come to mind as high-end embodiments of existence intelligence.  
     
    Dink aan ‘n Thomas Nagel, ‘n Isaiah Berlin, ‘n Martha Nussbaum. (Ongelowiges).  
     
    Hierdie tipe vrae onstaan in elke kultuur, in religie, filosofie, kuns en vele ander aspekte en disiplines.    Dit staan in kontras tot spirituele intelligence wat sy fondasie het in wat die persoon ook al aanvoer dit is en volgens arbitrêre riglyne persone na willekeur kan insluit of uitsluit en soos alreeds gesien met die aktiwiteite van de Klerk.   
     
    Dit was dus glad nie ‘n geval van, “is dat hy geweier het om SI te behandel omdat hy nie weet wat dit presies is nie en dus die toepaslike wetenskaplike kriteria kon kodifiseer daarvoor nie en het toe EI voorgestel”.
     
    Ongelooflik die "dat hy geweier het om SI te behandel omdat hy nie weet wat dit presies is nie"

     
    Natuurlik sal die draer daarvan dit op daardie terme probeer faal, wat presies in pas is met die twee redes hoekom spirituele intelligensie nie 'n werklikheid is nie. 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top