Ek dink nie enige van die ou skryfsters hier op LitNet is bevry nie, nie die antie Allie of Perdeby nie. Laat ons nou hoor van vroue wie dink hul is bevry en hoekom hul bevry is. As ’n bevryde vrou, wat verwag hul van ’n man, want elke bevryding bring ander eindelose verwagtinge van vroue oor mans en wat ’n ideale man is. Tussen PMS en vals verwagtinge oor ’n ideale man, het ’n werklike man moeilike tye. ’n Werklike man is aangewese op sig, seks en satisfaksie. Skeer sy lyfhare en grimeer hom, trek hom aan asof hy Barbie se Ken is, die basiese SSS bly. Wanneer gaan ’n man dan ’n vrou met ’n eienaarshandleiding kry? Ek is nog steeds opsoek na ’n ware bevryde hippie-vrou, wat bevry is oor haar denke tov ’n ideale man (olifantore met ’n piepie soos kredietkaart) en die SSS-man as ’n noodsaaklike deel sien en aanvaar het. Maw ’n vrou wat weet sy beleef basiese behoeftes net soos man en dit as noodsaaklik erken. Ook besef dat elke man uniek is en nie verander wil word nie.
Hans Richardt

