Beverly Rycroft wen die Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie 2012 | Beverly Rycroft wins the Ingrid Jonker prize for English poetry 2012

  • 0

Beverly Rycroft wen vanjaar die Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie met haar digdebuut, missing. Die digters prof Wendy Woodward, Liesl Jobson en Helen Moffett was die beoordelaars.

Rycroft is uitgesonder vir haar “versvaardigheid, haar sterk stem en die oorspronklikheid en verskeidenheid in haar beelding en stemtoon.” Die beoordelaars het waardering uitgespreek vir die innemende verhaal wat missing vertel: “Dis soos ’n roman of memoir of ’n boeiende neerdaling na die ryk van Pluto en ’n wankelende klim terug na die lewe.” Die leser word ingetrek en reis saam, “maar die poësie is nooit selfbejammerend of sentimenteel nie. Emosies word behendig onderbeklemtoon en daardeur soveel kragtiger.” Die beoordelaars het die gees van emosionele grootmoedigheid in haar gedigte geprys: “Deur die vaevuur van siekte toon Rycroft te alle tye waardering van dít wat elders gebeur ten spyte van persoonlike lyding en herinner só aan W.H. Auden se ‘Musée des Beaux Arts’.”

Benewens die moed, humor en volgehoue beeldkrag van Rycroft se gedigte het die beoordelaars haar vermoë uitgelig om die waarheid net effe skeef te vertel soos Emily Dickinson dit gestel het – “to tell the truth only slightly slant.”

Nege digdebute is vir beoordeling voorgelê en die paneel het gesê dit was moeilik om vanjaar ’n keuse te maak. Een beoordelaar het dit as ’n photo-finish beskryf en ’n ander het gesê al drie van haar topkeuses was “merkwaardige bundels” wat “ ’n hoë vlak van kunsvaardigheid, ’n diep oorwoë estetika en dapper verkenning van die mees private geskiedenisse van die vertellers wat hierdie bladsye bewoon” ten toon gestel het.

Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings aan 'n Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken, die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Rycroft sal tydens die Open Book-fees in Kaapstad die prys, wat bestaan uit ’n medalje en ’n bedrag kontant, in ontvangs neem. Die prys word op 22 September om 20:00 in die Athol Fugard-teater oorhandig deur Ingrid Jonker se dogter, Simone. Rycroft sal by dié geleentheid uit haar wenbundel voorlees. Die prysuitdeling en voorlesing is gratis en oop vir die publiek.

Danie Marais is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander lede van die komitee is Ronel de Goede, Diana Ferrus, Finuala Dowling en Leon de Kock.

Klik hier om onderhoude met Beverly Rycroft op LitNet te lees.


* * *

 

Beverly Rycroft’s debut collection, missing, is the winner of this year’s Ingrid Jonker prize for English poetry. The judging panel consisted of the poets prof Wendy Woodward, Liesl Jobson and Helen Moffett.

Rycroft was singled out for her "craft, her strong, confident voice, the originality and variety of imagery and tone." Missing was praised for its beguiling narrative, "like a novel or memoir of a gripping descent into Pluto’s kingdom, and the unsteady ascent back into life". The reader is completely immersed in the journey, "but the poetry is never self-pitying or sentimental. Emotions are deftly understated and become all the more forceful." Judges found a spirit of emotional generosity in her poems: "Throughout the purgatory of illness, Rycroft has an appreciation, always, of what is happening elsewhere in spite of personal suffering, recalling Auden’s 'Musée des Beaux Arts'."

Judges commented not only on the courage, humour and sustained imagery of the poems, but on Rycroft’s ability (following Emily Dickinson’s dictum) to tell the truth, only slightly slant.

Nine volumes were submitted for judging. Competition was stiff, with one judge describing the process as a ‘photo-finish’ and another commenting that the top three were ‘remarkable works’ which displayed ‘a high level of artistry, a deeply considered aesthetic and courageous investigation into the most private histories of the narrators inhabiting the pages.’

The Ingrid Jonker Prize for debut poetry collections is awarded every year, alternately for work in English and Afrikaans. The prize, which consists of a medal and a cash amount, will be handed over at a ceremony during the Open Book Festival at the Athol Fugard Theatre on Saturday 22 September at 20h00. Ingrid Jonker’s daughter, Simone, will be present to hand over the prize. Beverly Rycroft will read from her winning collection.

Click here to read interviews with Beverly Rycroft on LitNet.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top