"Bettiesbaai blues" deur Pietie Beyers

  • 0

Bettiesbaai blues

Sou iemand my ooit vra waar ek op my gelukkigste was
sou my glimlag weer uitspan oor Sir Lowry se pas

Oomblikke met jou dryf my tot sentimentele lirieke
die bitter-sweet liefde soos in Kaufman se flieke

REFREIN:
Van die Botaniese tuine na Betties Baai se duine
Die glimlagte wat ons nooit kon beheer nie
Die moontlikheid dat dit dalk nooit sal gebeur nie

Ons het die zefheid van Camelot met Jagermeister gebom
En ons dronkheid het onsin as merkwaardig vermom

Ek het jou gevind
Ek het jou verloor
Ek't jou verplaas
Nou's jy net deel van 'n koor

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top