Beswaarde gemoedere in hierdie dae

  • 4

In die Bybel staan dit daar is niks nuuts onder die son nie. Hoe meer ek sit en dink daaroor, hoe meer kom ek tot die besef elke geslag, generasie, volk en nasie het gemoedsbeswaardgeit onder die mense.

Elke nuwe geslag is de moer in, skaam, kwaad en hartseer oor of vir iets. Of dit is oor hoe hulle grootgemaak is, opgevoed is, geleer is, behandel is of wat ook al. Toe ek jonk was, was ek moerig vir ander goed as vandag se jonges. Ek was hoofsaaklik kwaad vir myself. Het nie tyd gehad om kwaad te wees vir my ouers, voorouers, regering, skool, kerk of "poeliesmanne" nie. Ek was onder dit alles ook besig om my lewe te geniet. Ons het ook daardie jare kunstenaars gehad wat teen alles en almal protesteer het. Ons het nie die luukse van toegang tot die hedendaagse tegnologie gehad nie.

Ek sien en hoor deesdae se jonger geslag. Dit is asof hulle ’n groter woede en onvergenoegdheid het om mee te wroeg. Dit is asof hulle ’n soeke het na kitsoplossings, antwoorde en resultate. Die adrenalienvlakke is baie hoër en aggressie is te bespeur. Daar is ook ’n skaamgeit van herkoms van die jonges. Daar is ook ’n ongekende skuldgevoel en "sorrie ek lewe, sorrie vir my teenwoordigheid, sorrie vir wat ons en voorouers aan julle gedoen het". Ek vra by myself, waar kom julle aan die snert?

Die grootste rede vir die woede van die verskillende geslagte heen, was onkunde. Jy as jongeling/jeugdige kind is onkundig. Party ontgroei dit, party leer met die tyd saam aan en dan is daar die ewige-kwaad-persone. Dit is die aandagsoekers. Is teen alles en almal. Is kwaad vir die wêreld en kwaad vir hom- of haarself.

Die persone is ook maklik beïnvloedbaar en verskriklik naïef. Almal is kruisvaarders en strydrosse en predik almal is verkeerd behalwe hulle. Enige saak is aanvaarbaar solank jy aandag kan trek en jou eie swakheid of tekortkominge kan verdoesel.

Iemand het lank gelede gesê: wanneer jy twintig is, dink jy met jou hart en is liberaal. Wanneer jy veertig is dink jy met jou verstand en is konserwatief.

So sterkte vir die vegters, hou so aan. Dit hou jou uit die kwaad uit en besig.

Reusedwerg

  • 4

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, ek hoor jou. Ek was op 22 jaar gegradueerde, klaar met grensoorlog en besig om te sukkel om met klein salaris studielening te betaal en te oorleef..
    My vraag is, waaroor is jongmense van dieselfde ouderdom kwaad? Dit was nie asof ons vir reuse salarisse gewerk het of verniet gestudeer het of wit bevoordeeldes met ryk ouers was nie. Ek was 18 maande in Owamboland, net om die rente op my studielening by bank te kon betaal.
    Dalk jonges deesdae hamster-in-wiel sindroom, dat alles en almal hul skuld? Ons was geleer, dat jy is wat jy doen. As jy niks doen nie, was jy nikswerd!

  • “As jy niks doen nie, was jy nikswerd!” – Hulle wat vir ons die suiderkruispakkies gestuur het toe ons nog heroes was – en skielik is ons die skuim van die aarde – niemand wil ons ken nie!
    Mooi loop julle.

  • Hans dankie, ek vat jou komentaar as 'n kompliment. Ek het hom ongelukkig nooit in my lewe ontmoet nie. Wat ek van hom gesien en gelees het, het 'n indruk op my gemaak. Ek weet nie of ek naiëf of plein onnosel is nie, maar ek het wragtag nie meer tyd in my lewe om gemoedsbekakkings te hê nie. Mense sonder humorsin staan my ook nie juis aan nie, en daar is baie van hulle.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top