Beste Jan Rap ...

  • 0

Hahaha ...

As jy dit dan presies min of meer in soveel woorde wil stel naamlik dat jy en Anton B nie dieselfde ou is nie, beteken dit dan dat julle dieselfde girl is?

Wel, wel wel ... dis ook maar okei ...

Jou nom de plume dui na niks.

Uit my verklarende woordeboek:

janrap. Nikswerd, onbeduidende persoon; persoon van lae afkoms

Dit bly jou keuse.

Jy vra tereg, hoekom so ontstig ...

Jan Rap ek's rêrig so ontstig oorlat jy volgens my, die woord "mite" verkeerd gebruik het.

Jy sien Jan Rap, Kobus de Klerk se stertjie stel die rede vir my ontsteltenis duidelik in dieselfde uitgawe wat jy jou verweer opwerp teen my (ek meen – jy kon tog ook sekerlik sagter beswaar maak in soveel van jou eie wysheid).

KdK se stertjie tik:

Die werklike kwessie wat hy (Cornelius) probeer opper in antwoord op jou brief, is die feit dat allerlei mites, legendes en ander valshede die laaste paar dekades hoofstroom-gelowe probeer binnedring.

Ja, die arme ding – dink net al die Afrikaanse Protestante nat twak – "allerlei mites, legendes en ander valshede die laaste paar dekades hoofstroom-gelowe PROBEER binnedring" ... of is dit HOOFSTROOM-GELOWE ... of is dit dalk BINNEDRING ...

Bliksem, wat kan "hoofstroom-gelowe" als beteken?

Die ding is egter; kan jy of KdK se stertjie my vraag antwoord oor hoe kan die woord "mite" in jul veronderstelde Afrikaanse betekenis van leuens en fiksie, neergehaal word aan die algemene verklaring van die woord "mitologie"?

Jan Rap, ek stel nie belang om in jou modder vas te val nie; verduidelik hoe jy jou neerhaling van die woord "mite" – bewustelik of bewusteloos – tot die woord "mitologie" bring ...

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top