Bergie van Birdstraat
Verby oom Koos Kombuis
duskant Distel
Word Tassies gemaak
soos die bergie ons vertel
Hy ken glo almal
het saam Jan gearriveer
Met sy lewe in 'n trollie
is die laaste uitweg treur
REFREIN:
Want elke bergiedroom
is beter as die bos
Want elke bergiedroom
is beter as Stellenbosch
Hy loop met die lewe
tot voor Dorpstraat se BP
Vra vir 'n broodjie, maar almal skree nee
Hy lewe die lewe
met niks om te bewys
Hy't sy beste vriend verloor
nou's die hemel sy huis
Maar ...
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


