"Belydenis van 'n Uitgeworpene" deur Daan Oosthuizen

  • 0

Belydenis van 'n Uitgeworpene

Vervreemd van dit wat normaal is
Bevry van dit wat ideaal wis
Voel net uitspattig en onbewus

Die bevolkingskultuur is buite bereik
Die roep van natuur is al wat gelyk
is vir my

KOOR:
As ek soos julle kon wees sou ek
Niks voel dieselfde vir my as jy
Verduur my asseblief net meer
In plaas van my identiteit probeer keer

Ek bestaan nie om te verafsku nie
Maar verandering maak julle bang
'n Oordeelsmentaliteit streef hier
word my hoop en drome vasgevang

Dis net geringe geite
Wat jou laat vergeet van feite
Die gerugte begin oorweldig
My reputasie loop my vooruit

Die spyker wat uitstaan word ingeslaan

KOOR

BRUG:
Dis die kind in my wie jy blameer
Ek was nog altyd anders ek was nie so grootgemaak

KOOR

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top