Beloftes maak skuld
Een maanlose nag het ek in die donker verdwaal
Jy het my op jou wit perd kom haal
En vir my die Melkweg se sterre gewys
Jy het gesê dis myne as ek dit wou hê
Maar dan hoor ek hoe my pa vir my sê
Onthou net beloftes maak skuld
Moenie alles glo wat jy hoor nie, my kind
Al belowe hy jou die son en die maan
As jy eendag groot is, sal jy dit verstaan
Saam-saam het ons lugkastele gebou
Ons sou soos Sneeuwitjie in ‘n kasteel gaan trou
Maar soos in elke sprokie het die heks jou getoor
En voor ek dit kon besef het ek jou verloor
En dan hoor ek weer my pa se woorde
Hy’t gesê beloftes maak skuld
Moenie alles glo wat jy hoor nie, my kind
Al belowe hy jou die son en die maan
As jy eendag groot is, sal jy dit verstaan
Maar soms bestaan liefde net in die blaaie van ‘n boek
Jy kan maar tot die einde van die wêreld gaan soek
My prins op die wit perd was toe nooit regtig jy
Dalk sal die son, maan en sterre eendag aan my behoort
En ek hoor weer my pa – woord vir woord
Onthou net beloftes maak skuld
Moenie alles glo wat jy hoor nie, my kind
Al belowe hy jou die son en die maan
Ek is klaar groot maar probeer nog verstaan


Kommentaar
Soos altyd 'n inspirasie.