"Beloftes" deur George L Weber

  • 0

 Beloftes

Ek is lus en verkoop my siel vir goed
Wat help lojale geloof sweet en bloed
Waar is God met hand van oorvloed
Hoe veel meer moet ek verlede vergoed
Waar is die beloftes en woorde van moed
God van vrede en geluk
Waarom word als weg gepluk
Hoeveel pyn en seer sal ek sluk
Hoeveel keer nog soos skoolseun gebuk
Hoeveel keer moet ek vou
Of speel U net yo-yo
Ek word geslaan pienk en blou
Almal sê “God is lief vir jou”
Woorde van profete
Is leë wintersgete
Woorde van pastore
Is nog glad nie gebore
Liggaam hart en siel is seer
Almal gryp en vat net meer
God het sy perfekte tyd
Maar almal vergeet Satan is uit
O Heer my God ek dank U nou
My lewe  is vol smart en rou
Moenie worrie jy is niks kort
God weet als en dis klaar gesort
Ek vra nie baie ek vra maar min
Ek vra altyd net U wil en U sin
U woord se Teëspoed en Geluk
Is albei op jou gemik
Waar is al die goed en mooi
As al wat ek sien is drukskrif-rooi
Heer vergewe my my swak geloof
Soms is my geestesoor lekker doof
Heer vergewe my my swakke hart
My geesteoë is blind en swart
Vertroos my gou
Vertroos my nou
Die Vaders kind word oud gou

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top