Bekroonde Tafelberg jeugroman Lien se lankstaanskoene word verfilm

  • 0

(Lisa Skinner): Derick van der Walt

Tafelberg (’n druknaam van NB-Uitgewers) kondig met trots aan dat ’n ooreenkoms met kykNET beklink is vir die vervaardiging van ’n film gegrond op die jeugroman Lien se lankstaanskoene. Diédebuutwerk van skrywer Derick van der Walt is in 2008 met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur, en in 2009 met die MER-Prys vir Jeugboeke, bekroon.

Lien se lankstaanskoene, wat ook ’n Graad 12 voorgeskrewe werk is in IEB-skole landswyd, is die aangrypende verhaal van ’n matriekmeisie wat te midde van ’n familiekrisis leer dat ’n mens meestal slegs twee keuses het: óf jy sink, óf jy swem.

Marga Collings (uitgewersbestuurder van NB-Uitgewers), Karen Meiring (kanaalhoof van kykNET), Marida Swanepoel (opdragredakteur, kykNET) en Gérard Robinson (uitvoerende voorsitter van DALRO)

kykNET het reeds met verfilming in Pretoria begin, met oa Franci Swanepoel, Elize Cawood, Fiks Mahola en Hykie Berg in die rolverdeling.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top