Bekeer van diskriminasie?

  • 0

Ek het besluit dat ek myself sal 'bekeer' as daar 'n vrou Pous is in die Vatikaan. Dan, weet ek die koning is weer op die troon ... Nou ja, dit was tong in dié kies. Ek verstaan die gelykheidswetgewing in SA, wat ek egter nie verstaan nie, is dat die regering geen piep piep oor die diskriminasie van Rooms Katolieke Kerk in SA, teen vroue en homoseksuele nie. Skynbaar het die Rooms Katolieke Kerk as 'n onafhanklike regering, nie net tipe ambassade status nie, maar ook belastingvrystelling op inkomste. Dit maak nie sin, dat Jesus sê dat die keiser/'tax man' sy deel moet kry nie, dit gebeur nie vir kerke in SA nie, waarvan baie miljoene per maand maak. Ek verstaan 'n kerk het 200 liter dromme vir verskillende munte en note vir 'donasies' en 'n spesiale bank na 'n 'pelgrimsnaweek' om lorrievragte geld te tel? In Angola het die Rooms Katolieke Kerk hospitale en klinieke gehad, maar nie in SA nie? Is dit omdat die meeste pasiënte HIV-pasiënte sou wees? En ek dog daar is geen diskriminasie in die 'Jesus model' of in dié hiernamaals nie? Laat my wonder oor priesters en arme skoolseuns.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top