die wyn is van plase met statige name
almal ken die boer of sy seun
iemand trek en iemand revamp
party studeer alweer en die res gaan ski
die labrador is beige, die onderwerpe ook
burgers word noukeurig met blink eetgerei bewerk
almal het 'n huisie of twee by die see
niemand praat hard of kou oopmond nie
iemand het 'n raserige kleuter gebring
(die nanny is waarskynlik siek, afgedank of gatvol)
sy eet hande vol tjoklits en spring op die banke
ek wens ek was sy

