"Beheerbevange" deur Tiaan Steenkamp

  • 0

Wonder waarheen die lewe ons vat
Watse pad, watse rat?
Slaan so nou en dan ? gat
Maar ons beur vorentoe
Soos ? masjien vat ons elke stukkie in
Ons kyk nie terug nie
Alles word geprosesseer
in een ritmiese gekolk van wiele op teer

Dis alles homeostatiese beheer
Solank die ratte inmekaar pas
hou jy die beheer stewig vas
Pasop dit gly so nou en dan gly-gly jy
Maar met ? moerse kopseer kry jy weer
beheer oor die masjien en ruk dit terug op die teer
Voor iemand sien, want as iemand sien is alles ? ongeluk
Mense sal jou vloek, jou uitmekaar trek
en se jy’s sleg, maar steeds sal jy terugveg
Veg vir jou naam en jou reg
Want flip’it, jy beheer die masjien
jy maak die reëls en jy sê wie die ystermassa dien

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top