Beelde

  • 0

Transformasie. Is dit jou naam?
Waar is die jaarringe aan jou boom?
In vaarwater verkleur ons saam
‘n warrelwind wensdroom

Ek soek na die ribbel ritme
pynlike prognose en smag
na feestelike fatale seisoene
simfoniese beelde met krag

Historiese verset versmoor jou siel
emosies fladderend flambojant
herkoms en verlede verniel
en toekomsvisioene as astrant

Besonke beelde skarlaken getooi
rooi roerende sinjale vir my en jou
baniere sweep opstandig mooi
generasies giet stories van onthou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top