In die 80's, in NP-tyd, was geweld dikwels ge-'staged' vir kameras. Ek sien die SA-tradisie steek weer kop uit waar horde joernaliste bymekaar drom by die Cosatu vs 'derde mag' stryd. Wat al oor en oor bewys is in SA, is dat daar militante/ mal verslaggewers is, wat enige-iets vir 'n 'wen foto' sal doen, vir eie roem en bekendheid.
Gelukkig is daar nou 'n demokratiese swart meerderheidsregering in beheer in SA. Kommerwekkend is egter dat hierdie openbare geweld-aanstigting, nog steeds 'n misdaad, onverpoos voortgaan in SA. Dis waarom grondstowwe nog steeds nie verwerk word in SA nie, die risiko bly te groot.
So, almal wil sing of 'n 3de-rangse sepie toneelspeler word in SA? Die affêre van gelykheid, is wanfunksioneel, want enige ouer kan sê dat kinders van dieselfde twee ouers, nie eens gelyk is met aanleg en vaardighede nie. Dis 'n onmoontlike politieke ambisie, soos baie ander, wat nog niks vir vooruitgang in SA gedoen het nie. Individue sal nou vir beleggers oorsee moet soek en outomatiseer met meganika sover moontlik vir risiko bestuur! Die regering moet aan geboortebeperking begin werk in SA.
Hans Richardt

