Barbie sonder make-up
Hierdie is die oomblik
hier is dit nou
Ek staar oopmond
onbeskaamd staar ek na jou
Jy loer skaam-skaam
selfbewus loer jy na my
Jou glimlag maak my nervous
dit voel of ek nie asem kry
Meisie, ek wens jy wil my glo
ek sien my drome weerkaats in jou oë
Jy sê dit nie, maar ek weet jy dink ook so
REFREIN:
Want jy, jy, jy
laat my dink aan Barbie sonder make-up
En jy, jy, jy
Jy's down-to-earth, al is jou vriende stuck up
En jy, jy, jy
jy haat komplimente, so ek sal eerder shut up
Kom ons hoop dat vanaand
hierdie aand vir ewig hou
Jy weet ek wil jou soen
as ek saggies fluister ekhouvanjou
Tyd het gaan staan
die aarde draai al stadiger
Die wêreld hou sy asem op
want my hart klop al vinniger
Meisie, ek weet dat jy my glo
jy sien jou drome weerkaats in my oë
Jy sê dit nie, maar ek weet jy dink ook so
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


