Taalosse wat in manstoilette metaan afblaas en dan in Engels sing “love is in the air” was nog nooit die “redelik man op straat”-opinie nie. Jammer Wouter, jul Afrikaanse niksseggende bespreking van Engelse outeurs, is net so sinneloos soos jul opinies vol spelfoute oor ander. Ai Maggie het darem ’n ou paar vaal taalosse laat struikel in die Afrikason die afgelope tyd? Snaaks dat ou skrywers soos Oester en “koos sas" in 2011 my praktiese sienings voorgehou as die redelike en realistiese, nie jul “roomkoek-opinies” en “heilige osse” nie. Dalk ’n nuwejaarsvoorneme van ’n lewe geleef vir 2012 kry? Jul hou nie van die grondwetlike 3de kant van die munt, nl vryheid van keuse, assosiasie en reg tot privaatheid nie? Ook van die feit dat sosiale geforseerde etniese amalgamasie net die teenpool van geforseerde apartheid is nie. Jul hou nie van die “banaliteit” van grondwetlike balans nie? ’n Os is tog net goed om ’n wa te trek of biltong te word en die vel goed gelooi te word? Jul hou nie van julself as Afrikaanse vuurosse nie? Wel, dalk het my banaliteit wel intelligensie en lewenservaring wat tekortskiet by julself? Ek hoop dat Afrikaanse skrywers se boeke deur taalosse van LitNet met smaak bespreek sal word op hierdie sirkel-paradys, in 2012.
Hans Richardt

