Hy het die skaakspel teen John Plumtree gewen. Alhoewel ek die Haaie in hierdie wedstryd ondersteun het, kan mens altyd iets positiefs uit enige gebeurtenis haal. In hierdie geval was dit dat die stryd tussen 'n Suid-Afrikaanse en 'n buitelandse afrigter deur die Suid-Afrikaanse ene gewen is.
Min mense het die WP, met sy jong spelers en nadeel van wegspeel, gegee maar hulle het die knoop deurgehaak en die pyp gerook. Allister Coetzee se afrigting en besieling het gesorg vir 'n reuse-aandeel in hierdie oorwinning. Ek sal nie verbaas wees as hy nog Springbokafrigter word nie.
Nogmaals geluk aan Allister Coetzee en die WP-span.
Jan Rap

