"Bagasie" deur Jattie de Beer

  • 0

Hey, meisiekind, ek is oortuig:
Ons sal makliker opstyg
As ons net minder dinge pak.

Bring jy 'n drasak of 'n tas,
Laai jy jou hele klerekas,
En al die dinge opgegaar langs die pad.

Kom ons los die bagasie, maak weer spasie,
Dis 'n nuwe reis vir my en jou.
Kom ons vlug uit die stede, vind weer vrede,
En doen alles wat ons altyd wou.

Die skaal sê ons is oorgewig,
Dit maak ons stadig, knak my rug,
Maar ons kan weer oor alles dink.

Ons is vry om uit te haak,
Onslae te raak van al die twak,
En ons eie roetes te maak.

Kom ons los die bagasie, maak weer spasie,
Dis 'n nuwe reis vir my en jou.
Kom ons vlug uit die stede, vind weer vrede,
En doen alles wat ons altyd wou.


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top