Wynand van der Merwe

Wynand van der Merwe bekwaam homself as onderwyser aan die Universiteit van Oranje Vrystaat, skryf verder in by die Universiteit van Pretoria vir ’n BA-kursus en by die Randse Afrikaanse Universiteit vir die BA-Honneurs. Hy voltooi sy M.ED en D.ED (Wiskunde Didaktiek) aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy beklee die pos van hoof en dosent in Wiskunde. Hy maak ’n studie van Wiskunde-onderrig in Nederland, Leicester in Engeland en aan die Universiteit van Karlsruhe (Duitsland). Hy lewer dan ook verskeie Wiskunde referate aan tersiêre inrigtings en lewer Wiskunde referate op wêreld kongresse te Griekeland (Rhodes) en Spanje (Madrid). Hy skryf ook verskeie artikels en programme vir wetenskap- en onderrig instansies, die SAUK, TV en die Gautengse Onderwysdepartement. Hy dien op verskeie komitees vir die Gautengse Onderwysdepartement, Wiskundegenootskap van Suid-Afrika en Wiskunde Olimpiade. Hy is tans ’n gekwalifiseerde fasiliteerder vir die aanbieding van indiensopleiding vir Wiskunde-onderwysers.

Dink buite die boks: die belang van die vak wiskundige geletterdheid

Estelle Kruger, Wynand van der Merwe, Petro van der Merwe Onderhoude 2016-09-22

"As dit ’n uur neem om ’n gat te grou, hoe lank neem dit om 'n halwe gat te grou?"

The role of the facilitator in the learning process in order to create a positive attitude towards in-service training of mathematical literacy

Petro van der Merwe, Wynand van der Merwe Academic research 2016-09-15

"The purpose of this study is to develop a participatory strategy for in-service training of teachers in respect of the role and functions of actors at macro-, meso- and microlevel."

Die rol van die fasiliteerder in die leerproses om ’n positiewe gesindheid te bewerkstellig teenoor indiensopleiding vir die vak wiskundige geletterdheid

Petro van der Merwe, Wynand van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-09-15

"Die doel van hierdie studie is om ’n deelnemende strategie vir die indiensopleiding van onderwysers te ontwikkel ... Om hierdie doel te bereik is ’n model ontwerp wat die indiensopleidingsingreep vir die vak wiskundige geletterdheid bespreek."

Top