Laventelolie-projek ontvang twee toekennings by internasionale wetenskapekspo: ’n onderhoud met Wium van Niekerk
2025-12-18"Daar is aan my by WISPO ’n goue medalje toegeken, asook ’n 'Grand Award', wat beteken dat ek my kategorie van Environmental Sciences gewen het. Ek het gehoop dat ek ten minste ’n medalje sou wen, maar ek het glad nie verwag om my kategorie te wen nie."
