Wimpie Wasserman

Die toekoms van Suid-Afrika en die rol wat die breër kerk daarin moet speel is vir my van kritieke belang, veral in ons huidige konteks. Gelowige jongmense maak ‘n groot deel uit van die land se bevolking en daarom dra hulle saam met medelandsburgers die verantwoordelikheid om te help vorm aan die toekoms van die land. 

Ek het ʼn BTh, MDiv en MTh aan die Universiteit van Pretoria voltooi en is tans besig om te werk aan ‘n navorsingsvoorstel vir ‘n PhD wat spesifiek werk met die sg “born frees” van Suid-Afrika met die hoop om verskillende rasse-identiteite met mekaar te versoen. 

Ek is ‘n predikant by ‘n NG-gemeente, Rant en Dal Prisma.

Einstein-kompetisie: Wimpie Wasserman

Wimpie Wasserman Einstein-kompetisie 2016-07-25

Wimpie is 'n predikant by 'n NG-gemeente, Rant en Dal Prisma.

Top