
Hennie
2019-12-18“Dis toe, een aand, dat die polisie daar opdaag en my kom vat. My swaer het alles gereël. Ek was in groot stront, Oom. Groot stront! Ek het gedink, nou's dit verby met my. Alles is verby.”

Etienne
2018-01-03"En in die middel van al hierdie oorvloed staan daar ’n stil, stowwerige handwerkwinkeltjie, die rakke yl gepak met wol en gare, vergeelde papiere op die toonbank, ’n vrou in haar dertigs, haar tienjarige seuntjie, en ek."

Die voorgenome huwelik
2017-12-07"Dit is die konflik tussen hom en sy gesin wat my gewoonlik by hulle sake intrek, soos nou, want vir hom is alles swart-en-wit en vir liefde is daar nie werklik ruimte nie. Dit is nie beheerbaar genoeg nie. Die natuur van die mens, veral as dit kom by liefde, kan nie in sy wil in reg geskreeu en geïnspekteer en gekritiseer word nie."

Die restaurant
2017-10-06"Die stad is ’n dier met buie. ’n Oerdier wat ’n mens verswelg en jou deel maak van hom sodat die definitiewe lyn waar jý ophou en die stad begin, vervaag."