Wehan van Jaarsveld is gebore in Lichtenburg in 1980 en het oraloor grootgeword; Nelspruit, Tsumeb (in die ou Suidwes naby die grens), Melkbosstrand en uiteindelik George. Hy was altyd 'n groot sportman en het uiteindelik as danser begin met "Ballroom"-dans en geëindig by UCT se dansdepartement. Daarna het hy by Cape Town City Ballet gedans en werk nou uit Los Angeles uit as danser vir Princess Cruises vir agt maande van die jaar - vir die orige vier woon en werk hy as vrywillige dilettant -roosboer\diereliefhebber op die roosplaas Rosenhof in Waboomskraal net buite George saam met my beter helfte en familie.
Opgedateer/Updated: 2007-04-25
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za