Ulrike Janke het ’n B-graad in Bedryfskommunikasie en ’n MBA, beide van NWU.
In 2001 het sy aangesluit by wat mettertyd tot die Sentrum vir Tekstegnologie sou ontwikkel. Sy het as rekenaarlaboratoriumbestuurder begin en uiteindelik die pos van bedryfsbestuurder beklee. In hierdie tyd was sy projekbestuurder en ontwikkelingspanlid vir verskeie projekte, insluitend speltoetserontwikkeling vir vyf tale, en Windows- en Office-lokalisering vir Afrikaans, isiZulu en Setswana vir Microsoft.
In 2011 het sy ’n pos as direkteur by die taaltegnologiedirektoraat van die Nasionale Taaldiens aanvaar, waar sy die befondsingsprogram ter ondersteuning van taal- en spraaktegnologieontwikkeling vir Suid-Afrikaanse tale bestuur het.
In 2017 het sy na die NWU teruggekeer en is tans bedryfsbestuurder vir MuST.