Die pot en die ketel
2000-05-17"Ek het dit natuurlik sien kom: hier is nou uiteindelik ’n lekker 'chip' om op jou skouer te dra, as jy ’n (middeljarige) wit man is. Waar Louw juis bedoel het om die beterweterige en skynheilige ou garde so ’n bietjie terug te bring aarde toe, het hy nou self die skyf van woede en frustrasie geword. Nie hy persoonlik nie, maar dit wat hy verteenwoordig: die generasie van wit mans tussen die ouderdom van so 30 tot 50."
