Tiaan van Niekerk

Tiaan van Niekerk is ’n filmdosent in die Departement Visuele Kommunikasie se Fakulteit van Kuns en Ontwerp aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Pretoria. Hy is ook ’n voltydse dominee in die Nederduitse Gereformeerde Kerk – Rietfontein-Noord, sowel as ’n vryskutskrywer van draaiboeke, verhoogstukke en jeugromans.

Van Niekerk het sy teologiese studies (beide ’n BTh en ’n MDiv) aan die Universiteit van Pretoria voltooi en beskik oor ’n Nasionale Diploma in Film en Televisie aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Sy doktorale navorsing fokus op die fenomenografie van hoe mite, metafoor en gelykenis deur plaaslike rolprentmakers in Christelike rolprente verstaan en aangewend word, en hoe hierdie stylfigure storievertelmoontlikhede in Suid-Afrikaanse rolprente en televisie kan verryk.

Van Niekerk is mees bekend as skrywer en vervaardiger van die speelfilm Die pro (2015). Sy meer onlangse werk sluit draaiboeke in vir die kykNET Storiefilms HerLeef (2023) en Drie ja’s en ’n nee (2024), asook die jongvolwasse telenovelle Reënboogrant (2025–2026). Van Niekerk was ook ’n wenner by die 2024 WGSA Muse-toekennings in die kategorie Beste Onvervaardigde Speelfilmdraaiboek vir die aksie-avontuur Umsindisi/Lifesaver.

Dominee Tienie as a contemporary parable of ministry, identity and ecclesial protest

Tiaan van Niekerk, Anna-Marie Jansen van Vuuren, Phyllis Dannhauser Academic research 2026-10-30

"The article asks how the film uses myth, metaphor, lament and parable to formulate a theological and socio-cultural critique of the contemporary Afrikaans church without collapsing into overt didacticism or sermonising."

Die rolprent Dominee Tienie as kontemporêre gelykenis van bediening, identiteit en kerklike protes

Tiaan van Niekerk, Anna-Marie Jansen van Vuuren, Phyllis Dannhauser LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-10-30

"Die navorsingsvraag handel oor hoe die rolprent mite, metafoor en gelykenis gebruik om ’n teologiese én sosiokulturele kritiek op die hedendaagse Afrikaanse kerk te formuleer sonder om in didaktiese prediking te verval."

Top