Theunis Smit

As daar iets in hierdie lewe is wat my nader aan die hart lê as die natuur, is dit musiek. Die temalied vir my lewe sou sonder twyfel Koos Kombuis se liedjie "Oumense moenie in die water mors nie, die kinders wil dit drink" gewees het. Ek het ‘n hippiestreep wat niks in die lewe aanvaar sonder om dit te beproef en teen my eie standaarde te oorweeg nie. Ek is ‘n doktorale student aan die Universiteit van Pretoria en my studies aan die universiteit behoort my vir ongeveer drie jaar besig te hou, maar my passie vir navorsing sal altyd uitgeleef word. Ek is ook ‘n tegniese adviseur vir makadamiaboere in die Laeveld en in KwaZulu-Natal, wat my die geleentheid bied om navorsing te doen wat werklik bydra tot landbou en wat nie net daarop gemik is om in ‘n mooi gedrukte proefskrif op my ma se koffietafel te wees nie.

Ek is ook die alleeneienaar van 'n agterplaas-spekboomplantasie wat tot dusver nog geen spek opgelewer het nie. In my vrye tyd probeer ek uitvind hoekom nie ...

Onder die makadamiabome: V&A met Einstein-kompetisie-wenner Theunis Smit

Theunis Smit, Imke van Heerden Einstein-kompetisie 2016-09-12

Einstein-kompetisie-wenner Theunis Smit vertel hoekom hy oor makadamiabome huis toe skryf.

Einstein-kompetisie: Theunis Smit

Theunis Smit Einstein-kompetisie 2016-06-17

Theunis is 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit van Pretoria en ‘n tegniese adviseur vir makadamiaboere in die Laeveld en KwaZulu-Natal. 

Top