TheresaPotgieter
Ek skryf so lank as wat ek onthou. Gedigte, kortverhale, haikoe's, sketse, noem maar op. Ek is ook 'n ywerige en vaardige fotograaf en neem weekliks honderde foto's.
Ek is 52 jaar oud, het jare gelede 'n graad in die Regte aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.
Ek is al 28 jaar lank met dieselfde man getroud. Deesdae is ek huisvrou en ma vir 4 kinders, waarvan 2 nog in die huis is. Ek is gebore in Johannesburg en het grootgeword op 'n plaas in die hartjie van die Vrystaat - Winburg.
Skryf, lees en fotografie is my passies in die lewe.So ook my man en kinders.