WF 2015: GMR: gevorderde mensgedrewe robot
2015-05-08Dit is stil. Logan voel hoe die bloed teen sy voorkop afdrup. Die stuurkajuit is pikdonker. Sy GMR-pak het alle kragtoevoer verloor. Hy kan glad nie sy linkerarm voel nie. Dan, skielik, tref iets hom hard van voor af. Hy kyk op deur die voorruit. Daar staan die MIG MK6 voor hom.