WF 2015: Die einde
2015-05-04Dag na dag sit ek hier. Jy weet waar om my te vind. Met onderaardse voete, vingers uitgestrek hemelhoog – ek is Moeder Aarde se kind. Ek het ’n stewige liggaam, wat menige slag kan weerstaan; tog word ek jaarliks gedwing om te aanskou hoe my broers een vir een geslag word.