Vryskutskrywer wat mal is oor Afrikaans. Eksperimenteer graag in die skryfkuns. Onderrig Wiskunde en Dramatiese Kunste. Verskriklik plat op die aarde. Ek dink die beste plek om te wees, is waar jy jouself kan vind, nederig kan wees, jou naaste ken en jou God nooit vergeet. Dis die klein goedjies in die lewe wat tel, wat die aarde laat draai...
Tanita Da Silva2012-02-09Druidaad rek sy oë wyd oop. Hy is nog vaak, maar is so bang hy vergeet sy droom. Die riete kraak in sy pokkelpote toe hy elke ooglid oop sukkel.