Tana Feyt

Tana Feyt is ’n beskeie sestienjarige introvert. Sy is passievol oor rockmusiek soos My Chemical Romance en Vampire Weekend. Haar stokperdjies is om rillers en strokiesverhale te lees. Sy is geïnteresseerd in kunswerke. Tegnologie speel ’n groot rol in haar lewe. Haar kreatiwiteit word uitgeleef in haar skryfwerk, terwyl die vak inligtingstegnologie van kardinale belang in haar lewe en toekomsdrome is. Sy is ’n gedrewe student by ’n Engelse privaatskool in die Vrystaat, Harriston School, waar sy Afrikaans as eerste addisionele taal neem.

WF 2015: Hoe die wêreld selfmoord gepleeg het

Tana Feyt Kuberklas Kreatief 2015-05-19

My naam is Damian Adams die Vierde. In die besigheidswêreld staan ek bekend as die leeu. Ironies genoeg was my eerste dag as nuwe eienaar en hoof uitvoerende beampte van Mas Records, om dit sagkens te stel, ’n riller.

Top