Tamara Jonas

Waarom hou ek van skryf? Ek hou van skryf want ek is baie lief vir lees en dié twee dinge loop vir my hand aan hand. Gedigte, stories, briewe en ’n verskeidenheid ander vorms van skryfstyle was nog altyd vir my lekker.

My groot liefde vir skryf het seker begin met die skryf van my dagboek waarin ek al my gevoelens en gedagtes neerpen. Skryf is vir my ontlading wat ek baie geniet. Skryf laat my toe om my vreemde gedagtes en verbeelding in letters weer te gee.

Skryf is my lewe.

WF 2015: Wie is ek?

Tamara Jonas Kuberklas Kreatief 2015-05-19

Sy navorsing was uiteindelik op ’n einde – die eindproduk ’n suiwer wetenskaplike waagstuk. Sy nanobotte was perfek.

Top