Susan Veldsman is vanaf Januarie 2009 aangestel as Direkteur: Akademiese Publikasie-eenheid by die Academy of Science of South Africa, waar sy verantwoordelik is vir die bevordering van kwaliteit akademiese publikasies.
Sy het haar loopbaan begin as inligtingsbibliotekaresse by die Departement van Landbou, waarna sy as inligtingsbibliotekaresse by die Tshwane Universiteit van Tegnologie aangesluit het. Sy het ’n spesiale toekenning van die Rektor ontvang vir buitengewone inisiatief. Sy het haar loopbaan by die Universiteit van Johannesburg voortgesit as Hoof: Inligtingsdiens en is later bevorder tot Assistentdirekteur: Kliëntediens van Biblioteek en Inligtingsdienste.
In 2002 is sy aangestel as die eerste projekkoördineerder vir die onderhandeling van toegang en bekostigbare subskripsies tot kommersiële databasisse vir die Koalisie van Suid-Afrikaanse Biblioteke Konsortium, nou die South African National Library Consortium (SANLiC). In 2006 het sy as projekbestuurder by eIFL.net, ’n internasionale konsortium van ontwikkelende lande, aangesluit. In hierdie hoedanigheid was sy verantwoordelik vir die onderhandeling van toegang tot kommersiële databasisse, asook gratis of bekostigbare subskripsiepryse. Sy was ook aktief betrokke by die bevordering van oop toegang (open access) en die oprigting van Institusionele Pakhuise binne die 50 eIFL- oorgangs- en ontwikkelende lidlande. Sy was die stigterslid van “Sivulile”, wat beteken “we have opened” in Zulu. Hierdie belangegroep het hom beywer vir die bevordering van oop toegang tot akademiese publikasies in Suid-Afrika.
Opgedateer/Updated: 2011-02-09
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za