Susan Meyer

Susan Meyer is medeprofessor in Afrikaans aan die Skool vir Taalonderwys van die Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Sy is deel van die navorsingsfokusarea “Tale en letterkunde in die Suid-Afrikaanse konteks”, Fakulteit Geesteswetenskappe, NWU. Sy het haar MA in Afrikaanse Letterkunde aan die Universiteit van Pretoria (1990) en haar D Litt et Phil aan Unisa (1993) verwerf.

Haar navorsingsbelangstelling lê by ekokritiek as wyd beoefende en internasionaal waardevol geagte intellektuele dissipline. Ekokritiek word deur Ecozon@, ’n internasionale tydskrif toegewy aan hierdie dissipline, beskou as die studie van kultuurprodukte, soos kunsvorme en literêre tekste, wat die verhouding en die interaksie tussen mense en hulle fisiese omgewing ondersoek, met die niemenslike en die nielewende wêreld daarby ingesluit.

Susan spits haar toe op die ekokritiese benadering tot eietydse Afrikaanse letterkunde. Haar navorsing het grootliks bygedra tot die ontwikkeling van ’n Afrikaanse ekokritiese diskoers. Sy konsentreer op die toepassing van teorieë uit die internasionale veld van ekokritiek op die literêre ontleding van eietydse Afrikaanse verhaalkuns. Aan die hand van die teoretiese raamwerke en uitgangspunte wat die ekokritiek bied, ondersoek sy die ryk en gevarieerde spektrum van interaktiewe en interafhanklike mens-niemens-bestaansaspekte waaraan daar in die Afrikaanse verhaalkuns gestalte gegee word.

Haar ondersoekveld, waar omgewingselemente uit die Karoo dikwels betrek word, sluit aan by ’n sentrale ruimtelike aspek van die Afrikaanse prosatradisie. Die Afrikaanse prosageskiedenis is beskryfbaar aan die hand van die ontwikkeling van die Afrikaanse plaasroman. Hierop het die Karoo ’n duidelike stempel afgedruk, sedert die vroegste skryfwerk in die hierdie genre tot by die terugkeer daarvan in verskeie postmoderne gestaltes. Binne die konteks van ’n belangrike tradisionele stroom van Afrikaanse letterkunde bring Susan ’n betreklik nuut gevestigde literêr-teoretiese perspektief tuis in die beoefening van Afrikaanse teksontleding en -kritiek. Ekokritiek bied haar ’n vars invalshoek vir die (her)waardering van die Afrikaanse letterkunde.

Physical geographical characteristics of place and Karoo-human relationships in giving form to Afrikaans ecocriticism

Susan Meyer Academic research 2024-06-28

"The Karoo was selected for this study because of its far-reaching influence on South Africans and its strong presence in the Afrikaans prose tradition."

Fisies-geografiese plekbesonderhede en Karoo-mens-verbintenisse in gestaltegewing aan die Afrikaanse ekokritiek

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-28

"Op grond van die diepgaande invloed wat die Karoo op soveel mense – ook skrywers – in ons land het, waag ek dit om die Karoo uit te sonder as landskap om my huidige ondersoek op te baseer."

Wilderness of human experience in Die troebel tyd (Ingrid Winterbach)

Susan Meyer Academic research 2019-10-21

“In Die troebel tyd the nuanced portrayal of depression, a still stigmatised phenomenon in our society, creates critical awareness of ‘otherness’ at a human level, that is, deviation from the socially constructed norm.”

Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbach

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-21

Die troebel tyd skep ’n genuanseerde uitbeelding van depressie, ’n steeds gestigmatiseerde verskynsel in ons samelewing.”

Plant-people relationships in Die sideboard by Simon Bruinders

Susan Meyer Academic research 2017-01-31

The influence of plants as portrayed in Die sideboard involves a form of positive contribution to Abraham’s (and later his whole family’s) life and well-being, on a psychological level as much as regarding their physical needs.

Mens-plant-verbintenisse in Die sideboard (2014) van Simon Bruinders

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-01-30

"Natuurelemente word beskou as in besit van aktiewe krag en nie as passiewe sosiale konstruksies en objekte vir menslike uitbuiting nie."

The all-encompassing material dimension of existence: aspects of new materialism in Marié Heese’s Vuurklip

Susan Meyer Academic research 2015-07-07

"Making use of the reading strategies rooted in new materialism, this study of Vuurklip seeks to establish what value or broadening of perspectives may be found in the specific ways landscape is portrayed in the novel."

Die allesomvattende materiële dimensie van ons bestaan: aspekte van die nuwe materialisme in Vuurklip van Marié Heese

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-07-07

"Marié Heese se roman Vuurklip (2013) word bestudeer met behulp van die leesstrategieë van die nuwe materialisme en om te bepaal watter waarde of verruimende perspektief te vind kan wees in die spesifieke voorstellingswyse van die landskap in hierdie roman."

Die Karoo, sintuiglike verkenning en die terugkeer tot kunsskepping in Die swye van Mario Salviati

Susan Meyer 2013-11-06 "Die doel van hierdie artikel is om vas te stel op watter wyses die primêre fokalisator, Ingi Friedländer, in interaksie tree met die Karoolandskap tydens ’n besoek aan die dorp Tallejare."

Wat oor is, is die Self: verblyf in ’n boomholte in Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-01-28

"Die kremetartekspedisie bied op unieke wyse literêre uitdaging aan die Westerse instrumentele (diensbaarheid-) beskouing van die natuur."

YouTube-onderhoud: Susan Meyer

Susan Meyer 2011-11-24 Susan Meyer praat oor literêre manifesteringswyses van die natuur in Voetpad na Vergelegen van Chris Barnard en Verbrande Paradys van Hans du Plessis. Barnard se omgewing is dié uit 'n vroeëre tyd, in Du Plessis s'n is die omgewing modern.

Staan die natuur op die balansstaat? Omgewingsbeskouings van die plaaseienaar in Voetpad na Vergelegen en Verbrande Paradys

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-12-14

"Hierdie artikel fokus op Chris Barnard se jeugroman Voetpad na Vergelegen (1987) en Verbrande paradys (2009) uit die pen van Hans du Plessis om ondersoek in te stel te stel na die literêre manifestering van omgewingsbewustheid in die karakter van die plaaseienaars en na die vraag in watter mate ekosensitiwiteit in praktyke van bewaringsboerdery neerslag vind."

Top