Stephan Joubert

Stephan Joubert is ’n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ’n gesinsman. Hy is hoof van ekerk, ’n virtuele geloofsgemeenskap wat mense regoor die wêreld deur digitale bediening bereik. Hy is ook ’n buitengewone professor by verskeie universiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap, ’n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan is die skrywer van talle boeke, onder meer Jesus – ’n radikale sprong, wat in 2010 met die Andrew Murray-prys bekroon is. Hy het al meer as 55 titels uitgegee en meer as 200 000 boeke verkoop. Hy bly in Kemptonpark.

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

Naomi Meyer, Stephan Joubert Skrywersonderhoude 2020-10-07

"Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee."

Top