Stefanus is die jongste van ses. Hy's lief vir sy ma en mis sy swart ma, Letta, wat hom in die middae by die kleuterskool op haar rug vasgegom het met 'n wolkombers, en huistoe gedra het. Hy het Joernalistiek geswot na skool by Pretoria Technikon. Daarna is hy oorsee waar hy as 'n onwettige onopgeleide dental nurse gewerk het. Hy't toe Kopieskryf geswot by die Red en Yellow School in Kaapstad en toe 'n loopbaan in die advertensiewese begin.
Hy het al 'n paar goue Loeries, Pendorings en 'n goud by Cannes gewen. Hy teken cartoons want die lewe in SA is heeltemal te ernstig vir hom. Hy't onlangs 'n advertensieagentskap begin saam met Annette Nel, die wenner van meer as 40 plaaslike en internasionale toekennings. Stefanus en Annette teken spotprente, werk aan reklameprojekte en hy stop tande in sy garage - maar net as hy tyd het en as jy 'n afspraak gemaak het.
Opgedateer/Updated: 2008-04-02
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za