Stefan Vorster

Stefan Vorster is ’n dosent en navorser in besigheidsbestuur en besigheidsinligtingstelsels. Hy is tans verbonde aan Akademia in Centurion, waar hy modules vanuit ’n besigheidsperspektief aanbied en by kurrikulumontwikkeling, assessering en akademiese mentorskap betrokke is. Voorheen was hy ’n dosent in besigheidsbestuur aan Centurion Academy. Hy beskik oor ’n meestersgraad in Strategiese Bestuur met lof van die Universiteit van Pretoria, ’n BCom-honneursgraad in Besigheidsbestuur van die Universiteit van Suid-Afrika en ’n BCom-graad in Entrepreneurskap en Besigheidsbestuur van die Noordwes-Universiteit. Sy navorsings- en onderrigbelangstellings sluit strategiese bestuur, organisasieontwikkeling, digitale transformasie, platformgebaseerde werk en hoër onderwys in die konteks van die Vierde Nywerheidsrewolusie in. Sy werk fokus op die integrasie van tegnologiese vaardighede, etiese bewustheid en praktiese indiensneembaarheid binne hoër onderwys. Hy is verbind tot hoëgehalte-onderrig, toegepaste navorsing en betekenisvolle akademiese diens.

The core capabilities students need for participation in platform work in the Fourth Industrial Revolution era: a qualitative study

Stefan Vorster, Sean Kruger Academic research 2026-09-09

"The study treats platform readiness as more than a collection of isolated technical skills. A capability is the broader capacity to combine knowledge, judgement, technique and responsibility in changing situations."

Die kernvermoëns wat studente in die Vierde Nywerheidsrewolusie- (4NR-) era benodig vir deelname aan platformwerk: ’n kwalitatiewe studie

Stefan Vorster, Sean Kruger LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-09-09

"Hierdie artikel ondersoek watter digitale, entrepreneurs- en etiese kernvermoëns hoëronderwysstudente benodig om betekenisvol en billik aan platformwerk deel te neem. Die studie gebruik Onderwys 4.0, Fairwork en dinamiese-vermoëns-teorie as aanvullende lense."

Top