Sophia Magaretha Brink

Sophia Brink matrikuleer in 2001 by Hoërskool Stellenbosch. Sy verwerf in 2004 haar B.Rekeningkunde-graad en in 2005 haar Honneurs B.Rekeningkunde-graad, beide aan die Universiteit Stellenbosch (US). Na haar klerkskap by PricewaterhouseCoopers, registreer Sophia as geoktrooieerde rekenmeester in Suid-Afrika en besluit sy om voltyds die hoër onderwys te betree. Sedert 2009 doseer sy Finansiële Rekeningkunde by die US se Skool vir Rekeningkunde. Sophia behaal in 2012 haar meestersgraad en in 2023 haar doktorsgraad in Rekeningkunde aan die US. Sophia is in 2014 tot senior lektor bevorder. Haar navorsingsbelangstellings lê op die kruispunt van dissipline-gefokusde navorsing, spesifiek in rekeningkunde en belasting, en onderrignavorsing wat fokus op leerpraktyke in professionele opleiding. Deur hierdie kombinasie van velde poog sy om by te dra tot beide akademiese kennis in die finansiële wetenskappe en die verbetering van pedagogiese benaderings binne die rekeningkunde-onderrigomgewing.

An investigation into the critical thinking skills gap between higher education and accounting practice: Perceptions of lecturers and students

Gretha Steenkamp, Sophia Magaretha Brink Academic research 2026-09-28

"Critical thinking is often context- and discipline-specific; therefore, it is important to consider what it entails within particular fields and how it can best be developed in students. This need is especially evident in the accounting profession, where accountants are required to apply sophisticated problem-solving and decision-making skills in increasingly complex business environments."

’n Ondersoek na die kritiese-denkvaardighede-gaping tussen hoër onderwys en rekeningkundige praktyk: Persepsies van dosente en studente

Gretha Steenkamp, Sophia Magaretha Brink LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-09-28

"Hierdie artikel dra tot die literatuur by deur die gaping in kritiese denkvaardighede vanuit ’n nuwe oogpunt te ondersoek, naamlik deur te evalueer hoe dosente en studente kritiese denkvaardighede in rekeningkundige praktyk verstaan."

Top